“Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie”. Hebreërs 11:1

Biografie:

Leonard sing al vanaf kindsbeen. Die bariton se lewenspad is gevul met geloofsverhale. Hy sing van liefde & bemoedig elke persoon om te glo in die onmoontlike… “Gee jou drome vlerke”.

 

Huidiglik is Leonard & sy gesin trotse Waterberger’s vanwaar hul sedert 2010 ‘n kleuterskool bestuur.

 

In 2014 het Leonard se debuut solo-album “Kind met die kryt” verskyn. Leonard het ook aan die semi-finaal deelgeneem tydens ‘n bekende radiostasie se sangkompetisie vir die 2014 Windpompfees. Gedurende 2016 het Leonard die voorreg gehad om saam met verskeie kunstenaars ‘n dvd/cd getiteld: “Netwerk sangers vir Jesus” vry te stel. Leonard se musiek word steeds op verskeie radiostasies gespeel & musiekvideo’s is op Kruiskyk Tv & Kyknet Musiek te sien.

 

Op die splinternuwe album van 2017, “Herinneringe,” geniet Leonard die voorreg  om ‘n duet saam met die bekende Chris le Roux op te neem. Die album bevat ook drie pragtige liedjies van Leonard se dogter Lavo-ne. “Herinneringe” is ‘n gemaklike “dink terug aan my kinderdae” uitreiking wat aanklank sal vind by oud en jonk. Leonard is ‘n trotse Pappa wat glo aan goeie gesonde gesinswaardes en graag sy gesin deel maak van sy optredes.

 

Leonard tree op reg oor Suid-Afrika. Sy passie is om vir mense nuwe hoop te bring, ‘n positiewe toekomsverwagting. Leonard tree graag op by: gemeentes, eredienste, aanddienste, spesiale dienste, bid-ure, dames tee, manne ontbyte, feeste, fonds-insamelings, basaars, karnavalle, inwydings, tehuise vir bejaardes, kinderhuise, begrafnisse, toewydings, troues, konferensies en restaurante.

 

Leonard se stem is aangenaam om na te luister met ‘n sangstyl wat getuig van warmte en ‘n gevoel van spontaniteit. “Musiek is universeel, maar salwing maak die verskil”, sê Leonard.

 

 

 

 

Gesels Met My...

Sosiale Media

Luister Gerus Na Demo Snitte Van Leonard Se CD

Kopiereg Voorbehou © Leonard J v Rensburg

Webtuiste Ontwikkel Deur: Rad X Hosting and Web